16.5 C
Johannesburg
Monday, December 23, 2024

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

Must read

VRYSTELLING 1 SEPTEMBER 2022
Sak Sarel daar is ‘n nuwe stem in die Afrikaanse musiek bedryf.

Sanger en liedjieskrywer, Sarel Kleinhans het pas sy debuut enkelsnit getiteld, Blommetuin bekend gestel.

Blommetuin is ‘ romantiese ”folk” liedjie wat Sarel vir sy vrou Mariaan geskryf het. ”Die lewe het ‘n manier om jou na vreemde plekke en soms ‘n paar grondpaaie te lei, en as jy die regte persoon ontmoet dan tel hulle jou op, stof jou af en ruk jou weer reg,” vertel Sarel oor die liedjie.

Sarel is miskien ‘n nuweling, maar musiek is in sy Bloed. Sy ouer broer is die bekroonde liedjie skrywer en sanger, Herman Kleinhans.”Ek kyk baie op na my broer en hy het my baie geleer, veral wanneer dit kom by musiek skryf,” vertel Sarel trots.

Sarel vertel dat hulle met musiek groot geword het en dat hul pa, Christo gereeld vir hulle kitaar gespeel en gesing het. ”Op skool as hy sportswedstryde gaan speel het, het my pa op die toerbus geklim en hy het altyd sy kitaar saam gevat. Hy sou liedjies soos ”Sunday Girl” of ”Give me Hope Johanna” speel en hulle het almal saam gesing.”vertel Sarel

Sarel was agt jaar oud toe hy sy eerste kitaar gekry het, en hy het homself geleer speel, maar hy wou aanvanklik nie musiek as ‘n loopbaan volg nie. ”Ek het besluit om regte te studeer, want ek wou iemand wees wat ‘n verskil in ander se lewens maak,” het hy vertel. Kort na hy klaar studeer het, het Sarel besef dat dit nie vir hom was nie. ”Ek het besef dat ek nie hard genoeg was om ‘n prokureur te wees nie,” en hy het besluit om sy passie vir musiek te volg.

Sarel was nie bang om hard te werk nie en sy toewyding en talent het gesorg dat hy vining baie besig geword het en het net begin momentum kry toe tref die noodlot.

”Ek het ‘n baie besige naweek gehad. Ek het die vrydag by ‘n troue op Nooitgedacht landgoed opgetree. Die Saterdag het ek ‘n vertoning in Hermanus en op Stellenbosch gehad en die Sondag het ek weer twee 4 uur lange vertonings in Franschoek gehad.” Teen die einde het Sarel siek begin voel en hy het skielik sy stem verloor. ”My stem het nie terug gekom nie en ek het bekommerd geraak,” het hy vertel.

”Ek moes twee weke wag om ‘n spesialis te sien, en hy het vir my gesê dat hy niks fout kon sien en dat ek net my stem moet rus.” Dit het egter twee jaar geneem voor Sarel se stem herstel het.

Intussen het Sarel saam met sy broer begin werk en hy het betrokke geraak met die besprekings, toere en die feeste. ”Ek is ongelooflik dankbaar vir die, want ek het baie by Herman geleer oor die musiek bedryf,” vertel Sarel. ”Die belangrikste lesse wat ek by hom geleer het gaan oor stiptelikheid, om goeie verhoudings te bou en om musiek te skryf waarvan ek hou.”

Sarel het stelselmatig weer begin musiek maek en optree, en 2021 is hy ‘n platekontrak by Vonk Musiek aangebebied. Hy het besluit om Blommetuin heel eerste op te neem omrede dit ‘n spesiale betekenis het. ”Die eerste keer wat ek Blommetuin voor mense gesing het was by my troue,” bloos Sarel. ”Dit was ‘n groot verrassing, want dit was die eerste keer wat my vrou dit gehoor het.”

Groot romantiese gebare is natuurlik ‘n tradisie wat deur die Kleinhans mans voortgeset word. Sarel se Pa het ook vir hulle ma ‘n liedjie geskryf wat hy by destyds by hulle troue gesing het en Herman het sy treffer, ”Vliegtuig” geskryf om sy vrou Maryke te vra om te trou.

Sarel en Mariaan is tydens ‘n intieme seremonie by haar Oupa se strandhuis in Kleinbrak getroud. Hulle is tydens die inperking getroud en het slegs 27 gaste na hul onthaal getroud. ”Dit was maar net ons familie wat daar was. Ek dink ons het elkeen een pel genooi,” onthou Sarel.

Saarel en Mariaan het ook onlangs hul seun, Christiaan verwelkom. ”Dis ‘n groot verantwoordelikhied, want alles wat ek nou doen gaan ‘n invloed op my seun hê,” vertel hy.

Sarel is huidglik in die studio besig om aan sy eerste album te skaaf wat na verwagting in Desember van hierdie jaar beskikbaar sal wees.

Song: Blommetiun

ISRC: ZAQR42204754

Skrywers: Sarel Kleinhans

Uitgewer: Vonk Uitgewers CC

Genre: Afrikaans

Record label: Vonk Musiek

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article