16.5 C
Johannesburg
Monday, December 23, 2024

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

Must read

VRYSTELLING 2 SEPTEMBER 2022
Sanger Pieter Marcato het pas sy nuwe enkelsnit Kuier tot die Son opkom bekend gestel. Dit is sy vierde enkelsnit as solo-kunstenaar en volg op treffers soos As jy vra, Lekker tye en Swipe regs.

As ‘n lid van groepe soos Marcato en Eon het Pieter al diep spore in die musiek bedryf getrap en hy beskryf Kuier Tot Die Son Opkom as ‘n nuwe fase in sy musiek. ”Die eerste drie liedjies wat ek vrygestel het was meer pop georïenteerd, maar met kuier tot die son opkom het ek meer country en rock elemente ingebring.

Pieter het van jongs af ‘n liefde vir musiek ontwikkel. ”Ek het groot geword met Punk Rock. Ek was dertien toe ek vir die eerste keer The kids aren’t alright gehoor het, en ek was so gefasineerd deur wat die kitare gedoen het,” vertel hy. Op daardie stadium het hy net ‘n Casio klawerbord gehad wat sy Ouma vir hom gekoop het. Hy het sy pa oortuig om vir hom ‘n kitaar te koop, ‘n vriend het vir hom ‘n paar drukke gewys en van daar af het Pieter homself leer speel

Pieter het nog altyd geweet dat hy ‘n musikant sou word, maar sy ouers het nie van die idee gehou nie, ”Ek wou oorspronklik musiek gaan swot het, maar my pa-hulle wou nie daarvoor betaal het nie, want hulle het gesê daar is nie geld in musiek nie,” lag Pieter. ”Ek het toe ‘n sound engineering kursus gevind wat ook ‘n musiek module gehad het en omdat dit die woord engineering aan die einde gehad het, het my pa dit meer gelike.”

Pieter het egter nooit sy studies voltooi nie ”Dit was ‘n twee jaar kursus wat ek in drie jaar nie kon klaar maak nie, want ek het net die heeltyd ander mense gesoek om mee musiek te maak,” onthou hy.

Pieter het vir Ben van Zyl ontmoet en hulle het hulle ‘n heavy metal band genaamd Evelyn begin. ”Ons het vining besef dat metal nie gaan werk as jy musiek in Suid-Afrika gaan maak nie, want daar het net nie genoeg mense na die shows toe gekom nie. Ons het R500 vir ‘n show gekry om te deel tussen vyf ouens, lag Pieter.

Pieter het vir ‘n rukkie as ‘n ”roadie” op een van Nicholas Louw se toere gewerk. ”Ek het geweldig baie respek vir Nicholas,” vertel Pieter. ”ek het baie by hom geleer oor produksie en hoe om ‘n show aanmekaar te sit.” Na die toer het Pieter ‘n pos as klankinginieur by ‘n maatskappy gekry. ”Dit het ook maar net ‘n week gehou en van toe af maak ek musiek,” skerts hy.

In 2008 het Pieter en Ben weer hul kitare opgetel en hul die folk groep Marcato saam met hul mede musikant begin. Marcato het bekend geword vir hul unieke mengsel van country, Bluegrass en rock.

In 2017 het Pieter beplan om sy solo loopbaan te begin, maar hy het nog getwyfel. Hy het teen dit besluit en toe die pop groep Eon saam met Altus Theart en Jerry Spangenberg begin. ” Eon sou my solo-projek gewees het, maar ek was nie seker of ek al reg was om solo te gaan nie. Ek en Altus en Jerry was saam op ‘n bike trip. Ons het gesels en toe het ek hulle gevra of hulle saam met ‘n boyband wil begin,” het Pieter vertel.

In 2019 het Pieter uiteindelik besluit dat hy reg was om sy solo-loopbaan. ”Ek dink ons het almal besig begin raak met verskillende dinge en dit was moeilik om optredes te reel. Dit het net soos die regte tyd gevoel.”

Tot die son opkom behou elemente van pop, maar sluit ook klanke van country en rock in end it voel as of hierdie enkelsnit die beste van Pieter Marcato in een liedjie saamgesnoer het.

Pieter het ook ‘n musiekvideo vir Tot die sonopkom bekend gestel. Die musiekvideo is vervaardig en verfilm deur CoolerBox Kreativ se Wian van der Walt en wys Hoe Pieter en sy goei vriend kuier ‘tot die son opkom.

Die musiek is nie al wat verander het nie. Pieter is ook nou ‘n Pa. ”omdat ek ‘n musikant werk ek, maar meestal oor naweke. Deur die week as hulle by die skool is dan werk ek aan my musiek. In die middae gaan haal ek hulle by die skool en dan is dit Daddy time. In die aande dan gig ek weer, so dit is maar ‘n juggling act,” sê Pieter.

Sy dogtertjie Amila is met geboorte met hydrocephalus gediagnoseer. ‘n Toestand wat veroorsaak dat vloeistof in die brein ophou. ”Dit was ‘n groot skok vir ons, maar ons het gelukkig baie vroeg opgetree. Sy is nou 3 jaar oud en sterk goed aan,” deel hy met trots.

Pieter glo dat altwee sy kinders in ook eendag musikante gaan word. ”My laaitie Ilan is mal daaroor as ek kitaar speel. Hy gaan definitief eendag kitaar speel, maar my dogtertjie gaan ‘n drummer word. Sy sing ook saam met die radio, maar as ek saam sing dan kyk sy my aan so as sy sê ek moet eerder nie sing nie,” lag hy.

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article