19.2 C
Johannesburg
Thursday, January 23, 2025

BESPREEK HENNING JOUBERT VANDAG

Must read

HENNING JOUBERT

As een van die min musikante wat ‘n konsertina ewe hard as ‘n kitaar kan klap het sanger Henning Joubert vir homself ‘n reputasie gevestig as die baas van boeremusiek. Nou kort op die hakke van die bekendstelling van sy verwerking van Herman Holtzhausen se Transkaroo wat hy saam met sanger TiNO opgeneem het, is hy terug met ‘n komiese, oempa geïnspireerde enkelsnit getiteld, Bobbejaan Inni Brauhaus.

Volgens Joubert het die inspirasie vir die lied eintlik met ‘n lang ompad gekom. Buite musiek het Henning nog altyd betrokke geraak by projekte wat hom na aan die hart lê. Hy het deelgevorm van ‘n projek wat renoster stropery bekamp, het al bosopleiding gedoen vir K9 eenhede en het selfs ‘n projek begin wat jong seuns leer spoorsny. In 2021 het hy en sy twee vriende Robbie Elske en Thomas Schlodtveldt besluit om iets heeltemal anders aan te pak.

”Ons het besluit om reg rondom Suid-afrika te ry, met twee sulke ou Cruisers en ‘n ou motorfiets om ‘n boodskap van hoop te gaan versprei,” het Henning vertel. Die idee was om die bakkies met Bybels en bier te laai en met verskillende mense te gesêls. ”Ons wou he mense moet besef ons is nie gemaak om te gaan lê nie, maar wel om op te staan en aan te hou glo en dat mense nie moet hoop verloor in die moeilike tye nie. Dit sal weer regkom,” het hy geskerts. Die manne het ongeveer 7500km aangedurf, waarvan 5500km grondpad was. Die avontuur het 26 dae lank geduur en die manne het later by Brauhaus Afrika buite Rustenburg aangeland.

Dit is hier waar Bobbejaan Inni Brauhaus gebore is. ”Tydens die trip het ek die idee oor ‘n bobbejaan wat amok maak in die brouery gehad en so begin skaaf aan dit,”het hy gedeel. In Rustenburg het Henning van die Duitse Omies in die distrik ontmoet. Ek het gedink dit sal lekker wees om die Omies in die lied te gebruik om trompette en trombone in die lied te blaas,” het Henning uitgebrei.

Die gevolg was ‘n komiese stukkie gesellige musiek om te luister om die braaivleisvuur, ”En as jy moet, kan jy Bobbejaanstreke uithaal. Gooi ‘n koue bier, weizz indien moontlik en sing sommer saam oor die Bobbejaan in die Brauhaus, en hoe hy dan nou uiteindelik vriende raak met die Duitse familie in die Magaliesberge,” spot Henning.

Henning het saam met Tertius Human van Coolerbox Records gesit om die verwerking van die lied te finaliseer. ”Die verwerking asook die instrumentasie is so gedoen om die Bierfees effek te skep, sonder om dit ‘n Oempa liedjie te maak. Dis ast’ware amper ‘n Boere Bierfeeslied,” lag Henning.

Bobbejaan Inni Brauhaus wys duidelik waarom Henning bekend is as die baas van boeremusiek. Die lied vind ‘n intuïtiewe balans tussen tradisionele boere musiek en Oempa, maar lê dit voor op ‘n manier wat sorg vir ‘n lekker kuier liedjie met ‘n kommersiele aanslag.

Behalwe vir die vrystelling van Bobbejaan Inni Brauhaus is Henning ook baie opgewonde oor die nuwe nooi in sy lewe. ”Sy is ‘n 2021 Fender Player Plus Telecaster in Vintage 3-Tone burst. Ek het onlangs ‘n Fender Brand Ambassador geword, en sy is die nuwe toevoeging tot my arsenaal van kitare.Sy het haar eerste sessie gedoen op die nuwe Noot vir Noot reeks wat eersdaags uitgesaai sal word,” het hy gedeel.

Verder speel Henning ‘n hele klomp optredes vir ander kunstenaars ook. Dit sluit in vertonings saam met Ampie in Mosambiek, Liesel Pieters in St Lucia en ‘n hele paar ander plekke in die Oos-Vrystaat tot in die Kalahari. Hy beplan ook om musiekvideos vir Namib Nagte en Karoo ook eersdaags te gaan skiet in Namibie terwyl hy daar op toer is later die jaar.

 BOBBEJAAN INNI BRAUHAUS

TRANSKAROO

Unsubscribe
This message was sent to [email protected] from [email protected]

Vonk Musiek
Vonk Musiek Kunstenaars
Vonk Musiek 83 Rietfontein Road
Jansenpark Boksburg, Gauteng 1461, ZA

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article