15.5 C
Johannesburg
Sunday, September 22, 2024

GERDUAN KEMP MOEDIG LUISTERAARS AAN OM VIR MEKAAR TE BAKLEI IN NUUTSTE ENKELSNIT

Must read

Na die sukses van sy vorige vrystelling, Koffie in die kroeg, wat reeds meer as 70 000 keer gestroom is oor ’n tydperk van twee maande, is Gerduan Kemp terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat sal aanklank vind by luisteraars van alle ouderdomme.

ALLES TOT NOU is ’n dinamiese country-rock-liedjie met ’n diepgaande boodskap oor verhoudinge en hoe belangrik dit is om nie op te gee wanneer uitdagings oor jou pad kom nie.

“Wanneer dinge moeilik raak in ’n verhouding, moet jy vír mekaar eerder as téén mekaar baklei,” verduidelik hy oor die idee agter dié snit wat hy saam met Emil Paul geskryf het.

Volgens Kemp, is die konsep gebore in die drie jaar waarin hy geen nuwe musiek uitgebring het nie. Hy deel: “Ek het in daardie tydperk gewonder of ek ooit weer musiek sal vrystel. Terwyl ek een dag by my klavier sit, het ek net weer besef hoe groot deel musiek van my lewe is. Hoewel die hooftema van die lied liefde is, beteken dit vir my persoonlik hoe alles wat ek tot nou toe aangepak het in die lewe my gebring het tot op die plek waar ek hierdie musiek kan vrystel waarmee ek mense se harte kan raak.”

Hugo Ludik van Muse Studios was aan die stuur van sake in die ateljee, terwyl Gerduan – as gewilde fotograaf en musiekvideovervaardiger, self verantwoordelik was vir die neem van die omslagfoto en die verfilming en vervaardiging van die musiekvideo.

“Ek wou graag die pad wat ek gestap het tot waar ek nou in my musiekloopbaan is herdenk in ’n musiekvideo. Ek wou hierdie video eenvoudig hou, maar steeds iets doen wat sou bydra tot die storie van die liedjie. Dit sluit terugflitse na my vorige musiekvideo’s in. Die ou beeldmateriaal skep nou ‘n nuwe narratief,” vertel hy.

Die video is in sy garage verfilm, waar die omslagfoto ook geneem is.

Kyk dit hier: https://youtu.be/FYSIlNGXjdI?si=UmLQpw5vei_jMf44

ALLES TOT NOU is sy sesde vrystelling en sy vorige werk het groot sukses behaal, met sy debuut-album wat reeds meer as 2 miljoen keer gestroom is op digitale platforms.

Gerduan, wat in Bloemfontein groot geword het en tans in Pretoria woon, is al van skooltyd af passievol oor musiek. Hy het al die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel en ’n draai gemaak by verskeie Afrikaanse musiekfeeste. Hy is veral bekend vir treffers soos Sesde Sintuig, Langpad na Môre en Jou Tipe Jaloers.

Buiten vir musiek, is hy ook ’n uitstaande fotograaf en musiekvideovervaardiger met sy eie besigheid, Gerduan Kemp Photo & Film, wat al musiekvideo-projekte vir verskeie bekendes – waaronder Brendan Peyper en Karlien van Jaarsveld – behartig het.

Tans is hy ook besig om te werk aan nog ’n nuwe liedjie wat in Desember beskikbaar sal wees en waaroor hy baie opgewonde is.

ALLES TOT NOU is ’n besondere snit wat die titels van die liedjies op Kemp se debuutalbum in sy lirieke versteek. “Ek het die titels op my album gebruik om hierdie lied te skryf met die tema dat jy moet veg vir die persoon wat jy liefhet, sodat jy hulle nie deur jou vingers laat glip nie.”

Met die sukses wat die album en vorige enkelsnitte tot dusver bereik het, kan sy nuutste skepping dus nie anders as om gewild te wees nie.

“Daar is soveel mense wat met hierdie tema kan vereenselwig, en ek glo dat luisteraars aanklank sal kan vind met die storie wat in die liedjie vertel word,” sluit hy af.

ALLES TOT NOU is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.

Kry dit hier: https://linktr.ee/gerduankempmusiek

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/gerduankemp
Instagram: @gerduan_kemp

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXPRZ8V6lklGKjA_F0hbKFA

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos:

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article