14.1 C
Johannesburg
Monday, November 18, 2024

Tasché Roer Harte Met Nuwe Enkelsnit

Must read

TASCHÉ bied aan:

-Die klankbaan vir jou mooiste herhinderinge-

“PRENTJIES”

Tasché is terug met die klankbaan vir jou diepste herhinderinge. Haar nuutste oorspronklike ballade, getiteld “Prentjies” is beeldend en beeldskoon. Tasché beskryf hierdie lied as “so eenvoudig geskryf, tog so beskrywend.”

Speel die lied en voel hoe jy onmiddelik wegsink in jou eie verlange soos jy jou eie prentjies op die maat van die lied verf.

“Prentjies” volg kort op die hakke van “Sal jy vir my wag” se sukses en is die tweede lied wat deur Hiram Koopman vir Tasché geskryf is.

Tasché vertel: “Die dag toe Hiram vir my ‘Prentjies’ gespeel het (buite op Sunset Studio se stoep met sy kitaar in sy hand), kon ek die prentjies en stories sien terwyl ek luister. Dis vir my een van die mooiste eienskappe van dié song.”

“Prentjies” is ook vervaardig deur Hiram en is opgeneem en mooi bymekaar getrek deur Loki Rothman van Rothman Records.

Hou Tasché se sosiale media dop vir “Prentjies” se musiekvideo wat vroeg Maart uitgereik sal word.

SKAKELS:

Instagram

Facebook

Twitter

TikTok

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article