14.8 C
Johannesburg
Friday, November 15, 2024

Tyd om bietjie “TAPPIT” te raak saam met Lianie May

Must read

Na die reuse sukses van Bietjie Benoni wat almal se verwagtinge oortref het is Lianie May terug met haar nuwe liedjie, Tappit, wat beloof om jou voete te laat jeuk.

Met tong-in-die-kies lirieke is hierdie net ‘n voelgoed liedjie en is dit nie geskryf om die Suid-Afrikaner in die gesig te vat nie, maar net te wys dat ons almal op die einde van die dag lekker mense is en nie moet omgee wat ander van jou dink nie.

“Tappit is net ‘n metafoor wat ons gebruik het en dit gaan oor om net lekker te kuier saam met jou vriende, familie of waarokal jy jouself bevind. Soms doen ‘n mens mos maar simpel goed soos dans op die tafels, of jy draai die wors sommer met die hand om by die braai, of jy het dalk ‘n shooter of twee teveel gedrink, maar dit is lekker, en ons like dit want ons is Suid-Afrikaners en ons geniet die samesyn”

Die liedjie het ‘n prettige musiekvideo en die doel was om die publiek te laat lag, want die lewe is te kort en ernstig genoeg. Geniet net jouself!

Na byna 15 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf is Lianie dieselfde energieke en opregte plaasmeisie wat in 2007 ‘n oornag sukses geword het.

Luister “Tappit” hier – https://LianieMay.lnk.to/Tappit

Volg LIANIE op die volgende Sosiale Media platforms.

Facebook

Instagram

Tik Tok

PR, MEDIA & BEMARKING:

Leozelle Bekker: leozelle.bekker@umusic.com / 074 643 5438

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article