17.4 C
Johannesburg
Monday, December 23, 2024

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

Must read

JOHN ROCK PROPHET SE NUWE ENEKLSNIT, “NOMMER PAS”, VERTEL ‘N VERHAAL VAN LIEFDE EN VERLANGE.

Die ikoniese musikant, John Rock Prophet, het sy nuwe enkelsnit, “Nommer Pas” bekendgestel. Nommer Pas is ‘n hartroerende verhaal van liefde en verlange wat die hartsnare sal roer.

Die lirieke van “Nommer Pas” vertel ‘n storie van ‘n verlore liefde, en die emosies wat daarmee gepaard gaan. “Toe dit nog ‘n bietjie gekos het om jou te kon bel, toe die klop van haar hart nog alles kon vertel”, sing John Rock Prophet. Die liedjie is ‘n nostalgiese herinnering aan ‘n tyd wat nie meer terug kan kom nie, maar wat altyd ‘n diep plek in jou hart sal he

John Rock Prophet is ‘n musikant wat bekendheid verwerf het in die Afrikaanse musiekbedryf met liedjies soos ”My Blom”, ”Platteland”, ”Oud word saam met jou” en meer onlangs die duet, ”Sing vir my saggies” wat hy saam met Gian Groen opgeneem het.

Die Afrikaanse sanger wat vir jare in die buiteland gewoon het onlangs vanaf Duitsland terug gekeer na Suid-Afrika om weer op eie bodem musiek te maak. John Rock Prophet is gebore en getoë in Windhoek, Namibia en het reeds op jong ouderdom sy liefde vir musiek ontdek.

“Wanneer jy jou eerste lied kan speel koop ek jou ‘n kitaar” vertel John Rock Prophet se pa vir hom. Die 12-jarige het nie gehuiwer nie en het onmiddelik gespring vir die geleentheid. Hy het sy vriend se kitaar geleen en na hy heel aand aan Suikerbos geoefen het, dit vir sy pa gespeel. Daardie oggend het sy pa vir hom sy eerste kitaar gekoop. John Rock Prophet is bekend vir sy liefde vir woorde, gedigte en musiek in digvorm. Hy mag dalk jonk wees maar hy sing oud met ‘n nuwe klank.

Die woorde “Verlede, Verlore, Verby” beskryf die uitdagings en moeilikhede wat elkeen van ons in die lewe ervaar. Maar die liedjie beklemtoon ook die belangrikheid van hoop en liefde in ons lewens. John Rock Prophet besing dat “Ons het die kans gekry, daar is niks sonder liefde en hoop, en vir my is dit altyd jy”. Dit is ‘n aangrypende en positiewe boodskap wat ons herinner dat daar altyd hoop is, selfs in die donkerste tye.

“Nommer Pas” is ‘n musiekstuk wat die luisteraar sal meesleur en beïndruk met sy Afrikaanse teks en kragtige boodskap. Dit is ‘n liedjie wat die luisteraar sal aanmoedig om te glo in die krag van liefde en hoop.

“Nommer Pas” is nou beskikbaar op alle digitale musiekplatforms. Laai dit vandag af en laat die klop van jou hart weer alles vertel!

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article