17.1 C
Johannesburg
Sunday, December 22, 2024

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

Must read

NOA MILAN – VEG, VAL, OPSTAAN
Die Kaapse sangeres en liedjieskrywer, Noa Milan, het haar enkelsnit, VEG, VAL, OPSTAAN bekend gestel. Noa het Veg, Val, Opstaan geskryf as ‘n temalied vir SA Water Warriors.

Vir Noa was dit ‘n vreemde samevoering van gebeure wat tot hierdie liedjie gely het. “Ek was genader deur die sangeres, Andriëtte Norman, om vir haar ‘n liedjie te skryf. Nadat dit gebeur het, het ek ‘n plasing daaroor op Facebook gemaak. ‘n Oom het dit gesien en my gevra of ek ook die temalied vir sy organisasie sou skryf.” vertel sy.

SA Water Warriors is ‘n niewinsgewend organisasie gebasseer in Kaapstad. Hul doel is om water donasies in te samel en na droogte geteisterde gebiede te versprei.

“Hierdie liedjie is baie meer mainstream as wat van my ander musiek is. Ek moes dus myself herinner dat ek moet doen wat reg is vir die kliënt se teikenmark. My musiek wat ek gewoonlik skryf is baie meer Folk, Indie en Blues-gedrewe. My doel met hierdie song se lirieke was om iets te skep wat die boere sal bemoedig en ook vertel van die merkwaardige werk wat S.A Water Warriors doen. Dit het nie hier oor my gegaan nie,” het Noa oor die liedjie vertel.

Noa het groot geword Melkbosstrand in die Wes-Kaap en het haar liefde vir musiek in die kerk ontdek. “Dit klink bietjie na ‘n cliché, maar ek het in die kerk begin sing. My pa was ‘n predikant, dus was ek maar altyd by die kore en orkeste betrokke. My ouers is albei verslaaf aan musiek en het my, toe ek baie klein was, aan teater blootgestel. Dit was dus die natuurlike ding vir my om, na skool, Musical Theater, te gaan swot,” deel sy.

Noah het in 2007 haar studies by die Watefront Theatre School in Kaapstad begin. Na sy klaar studeer het, het sy vir vier jaar lank drama afgerig by Laerskool van Riebeeck strand in Melkbosstrand. “Terwyl ek studente voltyds afgerig het, was die kans om self te sing en toneel te speel, baie min.” Sy het wel gedurende die tyd ‘n paar keer haar buiging op Artscape se verhoog gemaak en vir ander kunstenaars geopen, maar dit was nie vir haar genoeg nie.

In 2018 het sy besluit om voltyds haar passie vir sing, skryf en toneelspel te volg. “Ek het net lekker aan die gang gekom toe Covid die wêreld tref. Ek moes dus, na die pandemie, so te sê, van voor af begin. Ek is wel nie bang vir oor begin nie,” vertel sy.

Noa het besluit om die lied Hemel skree op te neem. ”Ek het Hemele skree in 2010 geskryf, maar ek het besluit om vir Bouwer Bosch te nader om saam met my aan die snit te werk. Ek was mal oor sy spoken word, so ek het vir hom ‘n boodskap gestuur en hy was in. Ek het vir hom die musiek gestuur en hy het amper dadelik sy deel terug gestuur.” Hemele Skree het tot op hede meer as 40 000 kykbeurte op Noa se persoonlike blad geniet.

Intussen het sy ook haar enkelsnitte Dagboek, Gronpad en Laat die mense maar praat bekend gestel. “Laat die mense maar praat” is seker my belangrikste Afrikaanse song wat ek al geskryf het. Die liedjie het die tonge laat klap, maar die song gaan oor wie ek regtig is,” deel sy.

Noa se fokus is nou om voltyds musiek te maak, maar sal ook binnekort op TV te sien wees. “Ek vertolk ‘n rol in die nuwe seisoen van ‘n Afrikaanse reeks, maar hieroor mag ek nog niks sê nie,” sluit sy af.

Veg, Val, Opstaan is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

https://linktr.ee/noamilan

Song: Veg, Val, Opstaan

ISRC: ZAQR42204765

Skrywers: Noa Milan

Uitgewer: Active Music Publ

Genre: Afrikaans

Record label: CoolerBox Records

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article