16.5 C
Johannesburg
Monday, December 23, 2024

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

Must read

JJ STEPHENS – DIS SO GOED
JJ Stephens of ”Mr Romantic” soos wat hy bekend staan het pas sy nuwe enkelsnit, Dis so goed bekend gestel. Dis so goed is die eerste Afrikaanse enkelsnit wat die veteraan Country sanger en Radio omroeper in ‘n dekade opgeneem het.

JJ Stephens wie ook bekend staan as ”The man with the golden voice” en ”The boy from Benoni” het sy passie vir musiek op ‘n vroeë ouderdom ontdek. Hy was skaars agt jaar oud toe hy sy eerste musiek kompetisie gewen het.

As ‘n jong man het hy modelwerk gedoen en selfs ‘n paar klein rolle op TV en in Films vertolk, maar ‘n loopbaan in musiek was nog altyd sy droom. JJ het by ‘n amateur drama geselskap aangesluit, waar hy vir vyf jaar lank gesing en dans het.

In 1984 het JJ sy eerste enkelsnit, ”Night time lovers” opgeneem vir ‘n kompilasie album getiteld ”Star Bound”. Die lied is geskryf deur JJ en musiekvervardiger Hannes Trollip. In 1987 het JJ sy eerste solo album getiteld ”Mystery” bekend gestel met sy liedjies ”11 Roses” en ”Mystery” wat as treffers uitgesonder is.

Met ‘n loopbaan wat oor meer as 4 dekades strek het JJ verskeie albums vry gestel en het sy stem op meer as 250 kompilasie albums verskyn,hy het ‘n reuse treffer gehad met die liedjie, Jy is die rots, maar sy laaste Afrikaanse album, ”Dans met die wind”, wat ook die tong in die kies treffer, Moeg geploeg ingesluit, het in 2011 verskyn.

Dis so goed, is ‘n goedvoel liedjie en weerspieël waar JJ op die oomblik is in sy musikale reis. ”Ons het probeer om met die skryf proses in hierdie letterlike donker tye, iets positiefs na die tafel te bring en al is dit net vir 3 minute ‘n gevoel van warmte te laat,” het JJ vertel.

Dis so goed is deur JJ se vriendin Hanlie van der Walt geskryf en deur JJ verwerk en die melodie is deur JJ en Ernie Bates gekomponeer. ”Elke keer wanneer jy in ‘n ateljee instap wil jy jou beste werk lewer, hierdie was geen uitsondering, want dis altyd ‘n voorreg om saam met Ernie Bates te kan werk.Dis inteendeel baie spesiaal want dit is my eerste Afrikaanse liedjie in 10 jaar, so ietsie van terug keer,” het JJ gedeel.

Met Dis so goed, wil JJ sy luisteraars met iets positiefs laat. ”Die mense moet goed voel, die prag van Sonneblomme, ‘n oop stuk Snelweg, en dan die cherry op die koek, die nostalgie van Vinyls ervaar,” het hy afgesluit.

Dis so goed is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

https://linktr.ee/jjstephens

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article